Ek het vir jou gewag by Jonkman

Ek het vir jou gewag by Jonkman deur Captain Molakgotla Ek het vir jou gewag by Jonkman met die reuk van die lemoen blomme vol in my neus en die mangoes…. en die pomelos…

Ek het vir jou gewag by Jonkman by die brug oor die Blyde Rivier waar die swellende rivier sy getuienis gee in ‘n sussende, fluisterende stem. Ek het vir jou gewag by Jonkman by die groente mark doer oorkant waar die vroue tamaties, vrugte en uie verkoop en aartappels Waar hulle skreeu “cheap-cheap” in Sotho en Shangaan.

Ek het vir jou gewag by Jonkman by die kaffee waar hulle lotto en airtime verkoop Ek koop ‘n coke en ek klou aan valse hoop Ek probeer tyd bevriend, maar tyd vermy my My kop maal oor my onsekerheid Ek spyker skaduwees aan die horizon vas Ek wag maar…. En wag….

Die son kruip skaamteloos weg agter die beskermende Drakensberge Tyd staan stil…. Sewe uur, senuweeagtig en seer gemaak. Verpletter, vergeefs en verdwaal In my eie spinnerak van onverstaanbaarheid Die kers lê diep in sy eie sop Ek keer terug huis toe Tranerig, teleurgesteld, treurig… Ja, ek het vir jou gewag by Jonkmanspruit

News

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first