Top Story This Week



Main News

Drakies eerstes Limpopo naaswenners

Sport: 26 September 2014 By

 

POLOKWANE - Laerskool Drakensig se eerste seunsspan het laasnaweek aan die semi-finale en finale van die Limpopo Hokkie Kampioenskappe deelgeneem. Hulle het die stryd teen Laerskool Pietersburg-Oos in die semi’s gewen en in die finale teen GPS gespeel.  Aan die einde van die ongelooflike wedstryd was die twee spanne gelykop met een doel elk.  Daar is van die 8-sekonde doelskiet gebruik gemaak om die wenner te bepaal.  GPS se doelwagter was net een te veel vir die Drakies en hulle moes die knie buig en as naaswenners uit die stryd tree.

  Dit was ‘n goeie dag vir Hoedspruit wat vier spanne na die semi-finale gestuur het (Mariepskop oop A seuns, o/11 seuns en dogters en Drakensig oop A seuns).  Drakies se dankie aan Gerda Aitchensen en haar kinders wat gebly het om ons te ondersteun in die finale!

  Groot dank kom die Drakies se ongelooflike afrigter, Me. A. Dorey toe. Die skool bedank ook graag al die borge vir hul volgehoue ondersteuning deur die seisoen.

Daktari gives the floor to the teachers

News: 26 September 2014 By

 

HOEDSPRUIT – Daktari Bush School & Wildlife Orphanage recently invited the principals and educators of the schools they work with (Maahlamele, Lepono, Sekoko, Nareng and Leoma Secondary Schools) for an afternoon of positive interaction and communication.

.Drakies is entrepreneurs

Galleries: 26 September 2014 By

 

HOEDSPRUIT - Laerskool Drakensig se Gr.3 tot 7 leerders het laas Vrydag ‘n entrepreneursdag by die skool gehou.  Die Drakies het hul sakevernuf beproef deur produkte aan te koop en dan, teen ‘n wins, te herverkoop.  Daar was enigiets van soetgoed, kussinggeveg, sokker, hindernisbaan, plakkers, armbande, marmotte voer, spookhuis, vissievang, kompetisies tot ‘n slangvertoning!  Die Drakies het gesorg vir ‘n dag vol vermaak en plesier.

Bos-wil-sirkus-hou by Mariepskop Kleuterskool

Galleries: 26 September 2014 By

KAMPERSRUS - Op 17 en 18 September het die sirkusbaas van Mariepskop Kleuterskool besluit om ‘oudisies te hou’ vir ’n uiters suksesvolle sirkuskonsert. Tot haar ontnugtering het  'n vreemde klomp opgedaag! Van mierleeus, vioolspinnekoppe, seeperdjies tot vuurvliegies en luiperdgeitjies!  Die opgewondenheid was groot en die ouers was ten volle beïndruk met die spul se fantastiese dansies, versies en kapperjolle.

  Die konsert is afgesluit met ’n pragtige skyfievertoning van die Gr.R’e en hul boodskap aan die res van die kleuterskool.

  Na die konsert het almal heerlik gekuier by die stalletjies met tombola, springmielies, soetgoed, glimstafies en heerlike boereworsrolle.

  Die personeel sê baie dankie aan elke ouer wat hulle so geweldig ondersteun het in die taak en vir elke toeskouer wat die kleuters se harde oefening die moeite werd gemaak het.


This Week Snippets




Hoedspruit Directory


Heading Start End
October 2014
Spring Fun Day
03 Oct  (10:00)
Cris Coetzer'S Concert perfomance
Where: Hat & Creek
03 Oct  (19:00)
African Lily Market Day
Where: Palm Ave Phalaborwa
04 Oct  (08:30) 04 Oct  (15:00)
Hoedpruit contribution to the Global March for Eleohants.
Where: Zandspruit Bush and Aero Estate
04 Oct  (11:00)
Finishing off Christmas Tour
Where: Hat & Creek Hoedspruit
04 Oct  (19:00) 04 Oct  (23:00)
HRI Quiz Night
Where: Piri Piri
10 Oct  (18:00)
Hoedspruit rate payers meeting.
Where: Van Rensburg hall
14 Oct  (17:30)

More News Links